Helderberg RFC Menu
Welcome Here: Helderberg Rugby Club » Helderberg Rugbyklub Afrigting-Poste Beskikbaar
HELDERBERG RUGBYKLUB
RUGBY AFRIGTER 2012 POSTE
VOLLEDIGE RUGBYAFRIGTERS ADVERTENSIE
Die Helderberg Rugbyklub speel in 2012 in die WPRVU se Superliga B. Die hoofkwartier is by die Charles Morkel stadion in Kerkstraat in die Strand.
Die klub strewe daarna om in 2012 en daarna weer Superliga A te speel. Die klub beskik oor drie senior en drie o/20-spanne.
Vereistes
- Passie vir rugby, en ’n leerbare ingesteltheid
- Relevante kwalifikasie(s) in afrigting (bv. SARU/IRB vlak 1/2, BokSmart )
- Diepgaande rugbykennis, met vorige ondervinding as rugbyafrigter
- Beskik oor die vermoë om waardes soos dissipline, werks-etiek en trots nougeset toe te pas
- Tweetaligheid (Afrikaans en Engels)
- Beskik oor goeie beplanning- en basiese rekenaarvaardighede
- Kan gemaklik as lid van afrigtingspan saamwerk - met ’n leerbare ingesteltheid
- Positiewe gesindheid
Verantwoordelikhede
- Vorm deel van die klub se afrigtingspan
- Verantwoordelik vir afrigting en bestuur van ‘n spesifieke span
- Opstel van oefenprogramme en verslagdoening
Werksure
- Junior spanne (3):
Oefen Maandae, Woensdae (o/20 A/B/C) en Donderdagaande (net o/20Aspan). Wedstryde Vrydae of Saterdae. - Senior spanne (3):
Oefen Maandae, Dinsdae- en Donderdagaande. Wedstryde Vrydae of Saterdae. - Bywoning van beplanning-/opleidingsessies, bestuursfunksie na wedstryde, klubfunksies
Vergoeding
- Beskikbaar op aanvraag
Dienstermyn
- Januarie 2012 – September 2012
Aansoek
- Rig ’n kort CV per faks of e-pos na : 021-8875315 of bestuur@helderbergrugby.co.za
- Telefoniese Navrae kan gerig word aan 021–8877432
- Dui ook u voorkeure aan t.o.v. span/ne, en ook voor- of agterspelers
Sluitingsdatum
- Vrydag 23 September 2011
Neem asseblief kennis dat slegs kandidate op die kortlys terugvoer sal ontvang m.b.t. die aansoek. Indien u dus nie binne twee weke terugvoer ontvang nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
Helderberg Rugby Afrigter Poste Beskikbaar