Helderberg RFC Menu
Welcome Here: Helderberg Rugby Club » Job Description - Rugby Coach
HELDERBERG RUGBYKLUB
AFRIGTER POSBESKRYWING
POSBESKRYWING EN SPESIFIKASIE TAKE VAN RUGBYAFRIGTERS
Die arigters word deur die Hoofafrigter bestuur, saam met die betrokke bestuurslid vir Spelers/Afrigters.
Algemeen
- Vorm deel van die klub se afrigtingspan vir al die oefeninge en wedstryde van die seisoen. Elkeen is verantwoordelik vir ‘n spesifieke span.
- Pas waardes soos dissipline, werksetiek en trots nougeset toe.
- Oefentye: 18:30 – 20:00. Afrigters voltooi saans Afrigter-bywoningsregister by kantoor of wedstryd-sekretaris.
- Afrigters kies Maandae om 20:00 – 20:30 hul volledige span (22 spelers) saam met die mede-afrigter en/of kaptein volgens die Klub se kiesbeleid. Spanlyste word Dinsdae voor oefeninge by pawiljoen opgesit, sodat spelers weet waar hul speel.
- Indien die afrigter nie die oefening/wedstryd kan bywoon nie, reël hy vooraf met sy mede-afrigter.
- Bywoon van spanbou-, beplanning-, opleidingsessies , aktiwiteite, onthale (na wedstryde) en bestuurs-/afrigtingsvergaderings is verpligtend.
- Spelerbestuur: Spankohesie: Motivering, doelwitte, ondersteunende/ vriendelike atmosfeer, waardes (dissipline, werksetiek, trots).
- Die afrigter benoem ook ’n spanbestuurder, wat deur die bestuur goedgekeur moet word. Sorg vir indiens-opleiding van spanbestuurder (gids), en ondersteun hom.
- Werk volgens die Klub en Hoofafrigter se riglyne, asook die Klub se Afrigtersgids.
Oefeninge
- Afrigters teken aan die begin van die jaar oefenballe en kegels vir sy span uit. Dit word te alle tye in die span se spesifieke balkas geberg. Rapporteer dadelik as balle stukkend of weg is.
- Maandag-aande word vaardighede gesamenlik gedoen. Dit word deur die hoofafrigter gereël.
- Wees spanbestuurder behulpsaam met toerusting en teenwoordigheidslys elke aand.
- Gee finale spanlys in by wedstryd-sekretaris tydens laaste oefening.
- Sorg dat toerusting netjies geberg word.
Wedstryde
- Bywoon van alle wedstryde (liga of vriendskaplik) en proewe van span.
- Woon gereeld onderste spanne se wedstryde by.
- Kleredrag: Netjies (langbroek, wit hemp, klub se das/baadjie).
- Ondersteun spanbestuurder (spelers se drag, vlagman, reserwes in blok, wedstrydverslag), ook opvolg van beseerdes.
- Woon Bestuurs-funksie aan die einde by – en moedig spelers aan om Klub se Prysuitdeling by te woon.
